Maandag
Ja nog 'n maandag is verby en ek is een stappie nader aan die vliegtuig Japan toe. Dit was nogal dol vandag, van die 5 van ons vandag by die werk was net 2 daar, die res is af siek gewees. dan probeer 'n ou ook dink aan wat jy als gedoen moet kry voor jy op die vliegtuig klim.
Ek begin nogal heel opgewonde raak oor die hele trip. Ek vind ook vandag uit dat as ek "International Roaming" op my foon wil aktiveer dan betaal die ou wat bel net vir 'n plaaslike oproep en ek betaal die internationale kostes. Ek besluit toe maar dat dit nie vir my is nie. die werk laat my toe om Lynette elke dag te bel, dis al wat ek eers soek. Want vir al die verkeerde oproepe en onnodoge oproepe wat ek gewoonlik deur die dag kry gaan ek definitief nie die internationale pryse betaal nie. Ek sal eerder kyk of ek daar 'n cheap pay-as-you-go tipe ding kan kry en dan sal ek die nr hiernatoe SMS. Tot dan as iemand my in die hande probeer kry vir iets (van saterdag 15 April af) , moet hulle maar Lynette bel en 'n boodskap los sodat ek dit kan kry as ek haar bel.
Nuwe wyshede en opinies weer more.
Posted by caroolsie
at 12:09 AM EEST